BirdLife South Africa is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en die enigste organisasie in Suid-Afrika wat op die bewaring van voëls fokus. Ons visie is ‘n land en streek waar die natuur en mense in groter harmonie saamleef, op ‘n meer gelyke en volhoubare maniere. Ons is die plaaslike vennoot van BirdLife International.

BirdLife South Africa het meer as 5 000 lede in meer as 40 voëlklubs dwarsdeur die land, en ons gee een van die wêreld se beste tydskrifte oor voëls en voëlkyk uit, African Birdlife.

BirdLife South Africa is geëerd om vier hoog-geagte en passievolle bewaringskundiges as ere-beskermhere te hê. Hulle is dr Precious Moloi-Motsepe, mev Gaynor Rupert, mev Pamela Isdell en mnr Mark Shuttleworth. Prof. Anusuya Chinsamy-Turan is tans ons ere-president.

BirdLife South Africa het verskeie bewaringsprogramme:

Streeksbewaringsprogram

Die Streeksbewaringsprogram (Regional Conservation Programme) het ten doel om ons Afrika-vennote te ondersteun om die status van bedreigde spesies en ekosisteme te ondersoek; om die belangrikste plekke vir bedreigde spesies en ekosisteme te identifiseer; en, uiteindelik, om toepaslike bewaringsbeleide en -aksies te implementeer om hierdie plekke te beskerm.

Landskapbewaringsprogram

Die Landskapbewaringsprogram (Landscape Conservation Programme) is ingestel op die bewaring van Suid-Afrika se bedreigde voëlspesies én die belangrikste plekke en ekostelsels waar hulle voorkom, gebaseer op wetenskaplike navorsing en bestuur asook betrokkenheid van belangegroepe.

Wetenskap- en Innoveringsprogram

Die Wetenskap- en Innoveringsprogram (Science and Innovation Programme) het ten doel om die bewaring van voëls en hulle habitat te ondersteun deur die ontwikkeling van wetenskaplik robuuste produkte. Die program fokus tans daarop om ons mees bedreigde spesies en habitatte te bewaar deur die gebruik van verskillende navorsingsmetodes, die omskrywing van bewaringsnetwerke, en die skepping van bewaringsbeplanningsprodukte om sodoende ons bedreigde spesies beter te bewaar binne die bestaande netwerk van beskermde gebiede.

Seevoëlbewaringsprogram

Die Seevoëlbewaringsprogram streef daarna om die afname in seevoëls plaaslik en wêreldwyd te beeindig. Seevoëls dien as belangrike aanwysers van die gesondheid van die oseane, maar sommige van hulle is ongelukkig van die mees bedreigde voëls in die wêreld. Ons fokus is meesal op voorkoming van seevoëlbyvangste tydens grootskaalse vissery, habitatbewaring, om voëls te red wat met uitsterwing bedreig word, en om bewarings raad binne die visbedryf te voorsien.

Beleids- en Advokatuursprogram

BirdLife South Africa se Beleids- en Advokatuursprogram (Policy and Advocacy Programme) ondersteun die ander bewaringsprogramme. Dit het ten doel om die omgewingsuitdagings wat deur programme in die gesig gestaar word aan te spreek – beide deur mee te werk om die bewaringsdoelwitte in toepaslike wetgewing en beleide, en deur aktiewe voorspraak.

Bemagtig Mense-program

BirdLife South Africa verstaan dat mense en gemeenskappe se betrokkenheid noodsaaklik is vir ons bewaringswerk. Die Bemagtig Mense-program (Empowering People Programme) het ten doel om gemeenskappe te adviseer, bemagtig, onderrig en toe te rus om verteenwoordigers van ons voëls en hulle habitatte te wees, asook om begunstigdes te word van die biodiversiteitsekonomie.

African Birdlife

African Birdlife is een van die wêreld se voorste bewaringstydskrifte. Dit word twee-maandeliks uitgegee, en bevat insiggewende artikels saam met pragtige foto’s van ons kontinent se voëls.

Lidmaatskap

Sluit vandag by BirdLife South Africa aan en help om ons land se diverse voëllewe te bewaar.

Lidmaatskap hou ‘n aantal voordele in, wat insluit ses uitgawes van BirdLife South Africa se tydskrif (African Birdlife), 12 e-nuusbriewe propvol bewarings- en voëltoerisme nuus, ‘n lidmaatskapsertifikaat en ‘n bufferplakker. Wat belangrik is, is dat jou stem ‘n reuse rol in die bewaring van ons land se voëls en hulle habitatte sal speel.

GoBirding

GoBirding is ons een-stop platform wat ontwerp is om jou voëlkykreise te beplan. Dit bied toegang tot voëlinligting, voëlkykplekke, plaaslike gidse en toeroperateurs, verblyf, voëlblogs, en meer.

Voël van die Jaar

BirdLife South Africa kondig elke jaar ‘n Voël van die Jaar aan, om die wye diversiteit van die voëllewe waarmee ons land geseën is te vier, om bewussyn van daardie voël en voëls in die algemeen te verhoog en, veral belangrik, om dringende bewaringsbesorgdhede uit te lig.

Dit verskaf ons vreugde om die Woudpapegaai Poicephalus robustus as Voël van die Jaar 2023 aan te kondig.

Die Woudpapegaai is endemies aan Suid-Afrika en kom nêrens elders in die wêreld voor nie. Hierdie mooi papegaai bewoon geïsoleerde stukkies woud in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo provinsies. Dit word as Bedreig geklassifiseer en die oorblywende wilde bevolking word op minder as 1 800 indiwidue geraam.

Met hierdie aankondiging is BirdLife South Africa bly om met ons BirdLife spesiebeskermers, die Cape Parrot Working Group en die Wild Bird Trust se Cape Parrot Project, saam te werk om bewussyn van hierdie spesie te verhoog.
Dwarsdeur 2023 sal BirdLife South Africa, saam met ons Voël van die Jaar vennote, onderrigmateriaal oor die Woudpapegaai skep, insluitende webinare, plakkate, infografika, en leerbronne vir skole, wat gratis afgelaai en gebruik kan word.

Vir meer inligting gaan kyk na: https://www.birdlife.org.za/bird-of-the-year-2023/.

“Koester ons voëls. Koester jou land.”

“Koester ons voëls. Koester jou land.” is ‘n manier om Suid-Afrikaners onder een vlag te verenig, om mense aan te moedig om hulle erfenis te omhels, en om die ryke voëldiversiteit van ons land te vier. 


Geïnspireer deur die ses vlagkleure het ons ‘n weergawe van die landsvlag geskep, met behulp van sommige van die algemene (en minder algemene) voëls, naamlik: Swartkraai (swart); Geelwewer (geel); Woudpapegaai (groen); Grootwitreier (wit); Rooivink (rooi); en Europese Swael (blou). 


Waar jy dus ookal in Suid-Afrika is, “Koester ons voëls, koester jou land”. Kom ons vier die wonder van ons land se geveerde erfenis saam. 

Wil jy deel word van die BirdLife South Africa familie? Treë asseblief met ons in vebinding deur die detail hieronder te gebruik:

Kantoor landlynnommer:

(011) 789 1122

Epos:

info@birdlife.org.za

Lidmaatskap:

membership@birdlife.org.za

Sosiale media:

Facebook: BirdLife South Africa

Twitter: BirdLife_SA

Instagram: birdlife_sa

LinkedIn: BirdLife South Africa

Adres:

Isdell House

17 Hume Road

Dunkeld West

2196